Afrikaans Bible

PSALMS 85

PSALMS

Return to Index

Chapter 86

1

'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.

2

Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.

3

Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.

4

Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.

5

Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

6

HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

7

In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

8

Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.

9

Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

10

want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

11

Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

12

Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

13

want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.

14

o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

15

Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.

16

Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.

17

Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.

PSALMS 87

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: