Afrikaans Bible

PSALMS 18

PSALMS

Return to Index

Chapter 19

1

Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2

Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.

3

Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

4

daar is geen spraak en daar is geen woorde nie -- onhoorbaar is hulle stem.

5

Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;

6

en die is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.

7

Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

8

Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

9

Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.

10

Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid -- tesame is hulle regverdig.

11

Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

12

Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.

13

Die afdwalinge -- wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.

14

Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. [ (Psalms 19:15) Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser! ]

PSALMS 20

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: