Afrikaans Bible

GENESIS 9

GENESIS

Return to Index

Chapter 10

1

En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet -- vir hulle is daar seuns gebore n  die vloed.

2

Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

3

En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Tog rma.

4

En die seuns van Jawan was: El¡sa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete --

5

uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

6

En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.

7

En die seuns van Kus was: Seba en H wila en Sabta en Ra‚ma en S btega. En die seuns van Ra‚ma: Skeba en Dedan.

8

Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.

9

Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.

10

En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land S¡near.

11

Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninev‚ en R‚hobot-Ir en Kalag

12

en Resen, tussen Ninev‚ en Kalag -- dit is die groot stad.

13

En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete

14

en die Patrusiete en Kasluhiete -- waaruit die Filistyne voortgekom het -- en Kaftoriete.

15

En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het

16

en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete

17

en die Hewiete en Arkiete en Siniete

18

en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.

19

En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Seboim tot by Lesa.

20

Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.

21

En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.

22

Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.

23

En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.

24

En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

25

En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.

26

En Joktan was die vader van Almodad en Selef en Hasarm wet en Jerag

27

en Hadoram en Usal en Dikla

28

en Obal en Ab¡mael en Skeba

29

en Ofir en H wila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

30

En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.

31

Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.

32

Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel n  die vloed.

GENESIS 11

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: